Bookmark : http://www.muratie.co.za/news/the-muratie-story-book/waterblommetjies-kraai-koning-in-kookkompetisie/?id=22&entryId=62
Skip to : [Content] [Navigation]

Muratie WinesWine BarrelsMuratie artwork


A page out of the Muratie Story book

Waterblommetjies kraai koning in kookkompetisie

24 Aug 2012

JOHANÉ NEILSON

Wat sal die Kaapse winter nou wees sonder ’n lekker pot waterblommetjiebredie? Dié nederige plant is eie aan die Wes-Kaap, en of jy nou ’n tradisionalis is wat hou van jou waterblommetjiebredie op die ou manier, of graag eksperimenteer met interessante byvoegings soos sojasous, is dié bestanddeel oud maar lank nie koud.
Twee wynprodusente aan weerskante van die Bolandse berge – Du Toitskloof-wyne en die landgoed Muratie – het besluit om weer eens die kollig op hierdie lekkerny te laat val. Die gevolg was ’n kookkompetisie tussen die twee op 17 Augustus by die Du Toitskloof-kelder om te sien wie die beste waterblommetjiebredie in die Wynland maak.
By die geleentheid het Martelize Brink, RSG - aanbieder en dogter van die potjiekoskoning Matie Brink, gepraat oor haar liefde vir waterblommetjies en die feit dat die vroeë setlaars en hul slawe waarskynlik van die inheemse Khoikhoi geleer het dat hierdie waterplante eetbaar is. Die program is verfilm vir Landbousake op KykNet. Loer ’n bietjie hier.

Wil jy self proe?
Hier is die resepte.

Du Toitskloof-resep
Muratie-resep

En te drinke?
’n Romerige, vrugtige wyn pas die beste by ’n waterblommetjiebredie, aangesien dit die subtiele geure van die bredie aanvul sonder om die smaak daarvan te oorweldig. Du Toitskloof-wyne beveel sy 2011-versnit van chardonnay en viognier aan (net ’n beperkte hoeveelheid van dié wyn is gemaak).

www.tuis.co.za
24 August 2012

Die wyn is bedoel om saam met kos geniet te word en met sy delikate, rokerige geure en aromas van appelkose en perskes is dit die ideale pasmaat vir die bredie.
Die Muratie-wynlandgoed beveel op sy beurt weer hul Isabella Chardonnay 2011 aan – ’n elegante chardonnay in die Boergondiese styl met ’n suggestie van sitrus, goed geïntegreerde hout en ’n talmende afsluiting. Liefhebbers van gehoute sowel as ongehoute chardonnays behoort van dié wyn te hou.

Die 2011-Du Toitskloof Chardonnay Viognier is by die kelder verkrygbaar teen sowat R65 per bottel, terwyl die Muratie Isabella Chardonnay 2011 landwyd in supermarkte en wynwinkels te koop is vir sowat R95.




Season Hours: Cellar

24th of December we close at 14h00
Cellar is CLOSED on Christmas Day
31st of December we close at 14h00
Cellar is CLOSED on New Year's Day

Tasting Hours

Monday to Friday: 10h00 to 17h00
Saturday: 10h00 to 17h00
Sunday: 10h00 to 17h00

Newsletter